Mariaan het noemenswaardige onderwyservaring in Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) sedert die vak se infasering in 2008, waartydens sy elke jaar ‘n 100% matriek slaagsyfer behaal het.
Verder sluit haar uitgebreide agtergrond die onderrig van RTT aan blinde en siggestremde studente in. Dit beklemtoon haar verbintenis tot inklusiewe onderwys en die vermoë om haar onderrigmetodes aan te pas om in die unieke behoeftes van alle studente te voorsien.
RTT Tutor
Tutoring Aanbieding
RTT
-
Dek sillabusse van Departement Basiese Onderwys, Onafhanklike Eksamenraad (Privaatskole) en Tuisonderrig
-
In-Persoon en Aanlyn Opleiding beskikbaar
Tarief: R280 per uur of doen
navraag oor pakketaanbiedings.
RTT Tutor80
Gelukkige Studente
Tanzin Hurter
(Onderwyser se Terugvoering)
Tutorsessie
Annah Lehohla
(Swaksiende Studente)
“Die mooi ding van leer is dat niemand dit van jou kan wegneem nie.”
― B.B. King ―
Leer hoef nie tot vier mure beperk te word nie. By horiSZon Tutor glo ons aan onderwys in ontspanne omgewings.
Mariaan van der Linde
Na jare van onderrig in Rekenaartoepassingstegnologie by hoofstroom skole en ‘n skool vir blindes en swaksiendes, het Mariaan besluit om haar eie tutorsentrum in 2022 te begin. Dit is haar passie om mense op te lei in ‘n ‘brood-en-botter’ vakgebied. Deur studente in hierdie vaardigheid op te lei, het sy baie bemagtig om die tersiêre instellings se verpligte voorstudie rekenaareksamen met vlieënde vaandels te slaag. Hierdie belangrike vaardigheid stel haar studente in staat om met selfvertroue in enige werk in te stap.
Mariaan was al genooi om by verskeie forums, plaaslik, nasionaal en internasionaal, te praat oor die uitdagings en voordele van die onderrig van RTT aan gestremde individue en die praktiese toepassing daarvan in die werklike wêreld. Sy is ‘n sterk voorstander daarvan om mense van alle vermoëns te bemagtig om sukses te behaal deur die vaardighede wat sy oordra.